MARTIE SE VINNIGE NAGEREG

vinnige-nagereg-martietested
MARTIE SE VINNIGE NAGEREG
Lekker vinnige nagereg!
1 blok sjokolade, gesmelt
500 ml vars room
5 eetlepels Nesquick
bietjie naghtmuziek of amarula

Klop room tot amper styf en voeg sjokolade baie stadig by terwyl jy stadig aanhoudend klits. Voeg Nesquick by en klits deur. Moet nie die room te veel klits nie, voer jou glas uit met bietjie naghtmuziek , skep room in en versier soos verkies.
Ek het eclaires gemaak, maar jy kan ook aarbeie of selfs Romany Creams gebruik.
Dis baiestes klompe lekker.

RESEP EN FOTO:  Martie Coetzee