LOUISE SE OORNAG VRUGTEKOEK


LOUISE SE OORNAG VRUGTEKOEK
Voorverhit die oond 140 ºC.
Bak tyd: 5 ure
Vorige aand: Marineer die volgende saam:
50 ml brandewyn
250 ml kersies, enige kleur
Volgende dag: Los die volgende op in kookwater:
20 ml kakao
20 ml koffie
1 liter kookwater
Voeg die volgende by en kook saam vir 5 min:
1 kg koekmengsel
500 g glans vrugte
15 ml koeksoda
500 ml suiker, ons gebruik bruin
250 g dadels
3 eetlepels waatlemoen en gemmer konfyt
Verwyder van hitte voeg 250 g margarien en kersiemengsel by en laat staan oornag om af te koel.
Volgende dag: Sif saam:
5 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
10 ml gemmer
Roer die meelmengsels by vrugtemengsel en meng goed deur.
Skep in losboom koekpan wat baie goed met spray en Cook gespuit is.
Draai 12 lae bruinpappier om die pan, of my ma vat sommer ‘n ou koerant.
Maak ‘n deksel met foelie, blinkkant bo.
Bak by 140ºC vir 5 ure.
Laat staan oornag om koud te word.
Verpak in foelie en plaas in ‘n lugdigte houer laat rus vir 3 dae.
Giet 1 keer ‘n week brandewyn oor vir 4 weke.
Foto en resep geplaas deur Jolandi Greyling