LEKKER SAMPIOEN VOORGEREG


LEKKER SAMPIOEN VOORGEREG
1 ui opgekap
50 ml botter
25 ml olyfolie
1 ertlepel “crushed garlic”
1 takkie tiemie
500 g gehalveerde sampioene
250 ml room
sout en peper na smaak
vars gekapte pietersielie
Braai die uie in die botter en olie
Voeg dan die tiemie, knoffel en sampioene by en braai ‘n rukkie.
Voeg sout, peper en room by en kook tot die sous dikkerig is.
Bedien op geroosterde brood en garneer met gekapte pietersielie
Foto: Gideon Louw