BASAAR WENNERS SE DRIEBOONTJIESLAAI

driebone-slaai-marietested

BASAAR WENNERS SE DRIEBOONTJIESLAAI
1 groot ui
1 groen soetrissie
2 blikke (410g elk) botterbone
2 blikke (410g elk) gesnyde groenbone
2 blikke (410g elk) boontjies in tamatiesous

SOUS
250 ml asyn
200 ml slaai olie
100 g (125 ml) suiker
37,5 ml gedroogde basiliekruid

Skil en kap die ui fyn.
Halveer, ontpit en snipper soetrissie fyn.
Dreineer die botterbone en gesnyde groenbone.
Meng die ui, soetrissie, botterbone, gesnyde groenbone en boontjies in tamatiesous liggies.
Meng asyn, slaai olie, witsuiker en basiliekruid.
Voeg boontjiemengsel by en meng.
Skep in flesse en bewaar in die koelkas.
Lewer ongeveer 2 liter drieboontjieslaai.

Ek per ongeluk ‘n blikkie four bean mix gekoop, dit toe gebruik. Smaak lekker.

Foto:  Marie Dumas Jennings
Resep gepos deur Marie Dumas Jennings