WORTELKOEK IN ‘N BIERBOKS

wortelkoektested

WORTELKOEK IN ‘N BIERBOKS

Maak die beslag dubbel aan vir ‘n bierbokskoek.
Enkel beslag is:
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml fyn kaneel
5 ml gemengde speserye
5 ml sout
Sif die almal saam.

Klits tot romerig:
125 ml margarine
60 ml kookolie
375 ml castor sugar
30 ml water

Klits 4 eiers baie goed en voeg by botter mengsel – meng goed.
Voeg 5 ml vanilla geursel by.

Vou droë bestanddele by.
Voeg by en meng goed:
2 koppies gerasperde wortel
200 ml gekapte okkerneute
Bak teen 180°C vir 45 min.

Versiersel:  8 eetlepels maaskaas, lemoen se gerasperde skil halwe lemoen se sap saamgeklits. Pakkie 500 g versiersuiker bygeklits en bo-op gesmeer. Het die bak uitgelek dis so lekker!
Foto: Alida Siebert