WILMA SE LEKKER GESONDE HAWERMOUTPAP

wilma-se-lekker-hawermout-paptested
WILMA SE LEKKER GESONDE HAWERMOUTPAP
Ek kook 2/koppies water met 1/2 teelepel sout tot dit borrel.
Ek gooi dan die oats sommer so uit die pak uit in die pot terwyl ek dit roer. Dit moenie te styf wees nie.
Met opdiening gooi ek eers my melk, dan my versoetter en laastens my grondbone en rosyne by.
Laastenoemde is omtrent so kwart koppie.
Ek gebruik die ongesoute grondbone mengsel. By Fruit en veg kry mens ook ‘n mengsel van vrugte en neute met cranberries, gesnipperde perskes ens in.
Ek gebruik dit ook. Dis bietjie duur, so dis ‘n bederfie.
Jy kan ook piesing by die oats insny.

RESEP EN FOTO: Wilma Josey Venter