SUENELLE SE KOLWYNTJIES

14711589_10208803682664223_8604922535602816966_otested
SUENELLE SE KOLWYNTJIES

3kwart kop Kookwater
2 Etlp Kakao
1 Kop Koekmeel
1 Kop Suiker
1 tlp Bakpoeier
1 half tlp sout
Kwart kop Olie
4 Eiers (geskei)
1 tlp Vanielje
Rooi koekkleursel(gel kleursel werk die beste)

1 Voorverhit die oond tot 180’C .
2 Los kakao in kookwater op en voeg olie by
3 Sif koekmeel; bakpoeier en sout saam
4 Voeg olie mengsel eiergele saam kleursel en geursel meng goed.
5 Klits eierwitte styf.
6 Vou eierwitte by koekmengsel in.
7 Skep mengsel in voorbereide kolwyntjie pannetjies met papiertjies in.
8 Bak vir 13minute. Laat afkoel en versier met botterversiersel.

(Resep aangepas van Kook en Geniet resepteboek bl 137 Sjokoladekoek met olie)

Resep en foto verskaf: Suenell Liebenberg