MARIETJIE SE BEETRING

14708223_10208884311479893_2161019101405252275_ntested

MARIETJIE SE BEETRING

Bolaag:
175 gr spring onion roomkaas
250 ml mayonaise
100 ml water
20 ml gelatine

Spons gelatine met water. Verhit in mikrogolf vir 30 sekondes tot gesmelt.
Klits roomkaas en mayonaise goed saam.
Klits gelatine goed by roomkaas mengsel.
Gooi mengsel in jelly-ring en sit in yskas vir teminste ‘n uur.

Onderlaag:
1 Groot bottel gerasperde kruie beet (750 gr)
laat dreineer in ‘n bak (nie vloeistof weggooi nie)
20 ml gelatine
200 ml van beetvloeistof

Spons gelatine met beet vloeistof en verhit in mikrogolf vir 30 sekondes tot gesmelt.
Meng goed met beet.
Gooi versigtig bo op roomkaas laag.
Laat stol oornag.

Resep en foto: Suenelle Liebenberg