MARIANNE SE KOOLSLAAI


MARIANNE SE KOOLSLAAI
Die hoeveelheid is maar hoeveel slaai jy wil maak. Myne was ongeveer
3k fyn gekerfde kool,
halwe groen koolbaar saam gekerf,
1 wortel fyn gerasper,
so halwe handvol rosyne,
2t bruinsuiker,
ongeveer 4 opgehoopte eetlepels goeie mayonnaise,
sprinkel sout,
1/2t mosterdpoeier.
Meng alles en sit rukkie in die yskas vir al die geure om te trou.
RESEP EN FOTO: Marianne de Beer