MAKLIKE POTBROOD

MAKLIKE POTBROOD

1 kg koekmeel (6 koppies)
7 ml kitsgis
5 ml suiker
5 ml sout
600 ml lou water of lou kookmelk en water
Jy kan 1 eier by vloeistof inklits indien verkies.
30 ml olie

Sif die meel, gis, suiker en sout saam in ’n groot mengbak. Meng die vloeistof geleidelik by om ’n deeg te maak wat maklik hanteerbaar is. Knie tot die deeg glad en elasties is – dit duur ongeveer 8 minute. Bestryk met ’n bietjie olie, maak warm toe en laat op ’n warm plek tot dubbel die volume rys – dit sal sowat 2 uur duur. Knie die deeg liggies!! af en sit in jou swart pot. Laat weer rys en bak dan soos verkies.
Resep ook geskik vir roosterkoeke

Resep : Fourie Rosalia