IDEES VIR GALJOEN

galjoen

IDEES VIR GALJOEN
Stefaan Blaauw
Vang ‘n Galjoen soooo, maak hom daar teen die see skoon, sny hom van die rugkant af oop en haal die binnegoed uit, sonder om die skubbe af te skraap. Pluk ‘n paar swart mossels, pak die koelkas, en vat die pad terug binneland toe. Ek ry so 200 km weg van die see af, soek ‘n lekker hoĆ« plek uit waar ek die son kan sien ondergaan, maak lekker vuur. Dan smeer ek die galoen in met suurlemoensap. Gooi suurlemoen peper oor en vis speserye, knyp in die rooster toe en laat hang so halfuur. Nou knype ek die Galjoen en swartmossels op die rooster toe.
Dan braai ek die vissie op stadige kole vleiskant ondertoe vir so 5 minute, draai die velkant ondertoe en smeer knoffel botter op die warm vleiskant. Weer so 5 minute later draai ek die vleiskant ondertoe tot dit lekker donker bruin is en dan terug velkant onder.
Nou smeer ek lekker bruin brood met botter en dik APPELKOOS JAM. Wanneer ek die rooster afhaal, gooi ek sout en peper op die mossels en bietjie knoffel botter, en geniet dit saam met die Galjoen en die brood.

Rene Truter Wessels
Op sy beste oor die kole, bietjie sout en suurlemoensap. Vetterige vis, niks olie of botter. Braai stadig oor matige kole.

Elize Grobbelaar
Luister maar na Rene Truter Wessels en onthou jy vlek die vis “butterfly ” van rug af nie dwarsdeur. Jy krap hom nie, los die skubbe aan.

Johan Coetzee
Braai hom net so op die kole, net bietjie sout, maar die binnegoed pens en derms moet uit wees.