GROENBOONTJIES MET UIE EN KNOFFEL


GROENBOONTJIES MET UIE EN KNOFFEL
Ons soek altyd iets anders om te doen met die groenboontjies, probeer gerus hierdie een, dit is heerlik en die boontjie bly mooi groen van kleur.
Hoeveelhede hang af van hoeveel mense jy voor regmaak.
vars groenboontjies, grof gesny
1 groot ui, gekap
1 handvol songedroogte tamaties
2 of meer knoffel toontjies, gekap
1 klein bossie (7 lote) “garlic chives”
takkies vars pietersielie, gekap
Ina Paarman se “seasoned sea salt”, na smaak
Opsioneel: bietjie songedroogte uie
Kook die groenbone in bietjie water met sout tot “aldente”, gooi warm water af en gooi dadelik koue water oor. Sit eenkant.
Braai die ui, knoffel en songedroogte tamaties in bietjie olyf olie tot die ui begin verkleur. Sit die garlic chives en pietersielie by. Meng die songedroogte uie by en laat net deurkook. Gooi nou die boontjies by die mengsel en meng lekker deur dat die boontjies bedek is met die mengsel. Sit deksel skuins op en draai plaat op 1, moet baie stadig braai, net dat die geure kan trou. Skep op en geniet.
Foto en resep: Rina Kleinhans