FELIX SE MIELIEPAP

FELIX SE MIELIEPAP
500 ml water
5 ml sout
250 g (500 ml) mieliemeel
500 ml melk
25 g (30 ml) botter of margarine
2 eiers, geklits
200 g (500 ml) gerasperde kaas
Kook die water en sout saam in n groterige dikboomkastrol. Meng die mieliemeel en die melk tot n gladde pasta. Voeg dit by die soutwater en roer totdat die mengsel dik en glad is. Verlaag die hitte en kook dit 10 min lank oor lae hitte en klop dan die botter of margarien by.
Roer n bietjie van die warm mieliemeel mengsel vinnig by die eiers. Roer die eiermengsel dan by die res van die mieliemeelmengsel. Roer die kaas in. Sit die deksel op en laat die pap stadig gaar word oor lae hitte; die gaarmaaktyd hang af van die sort mieliemeel wat gebruik word. Sit dit warm voor.