ELSABIE SE NASI GORENG


ELSABIE SE NASI GORENG
Ek het die pakkie speserye(Nice and spicy) by my slaghuis gekoop en die resep is op die agterkant. Die speserye is in plastiek lagies verseel in die volgorde wat dit gebruik moet word. Vir my groente het ek fyn gesnyde rooikool, grof gerasperde wortel, klein blokkies groen peper & fyn gesnyde stingel & blare seldery gebruik (1k van elke groente). Daar is onder andere borrie, fyn koljander & komyn, gedroogde uie & rissie vlokkies in die spesery mengsel. Ekstras wat bykom is gerasperde vars gemmer & geparsde knoffel (ek rasper sommer my vars knoffeltoontjies met my klein ekstra skerp rasper “microplaner” wat ek vir die gemmer gebruik). Dan word dit bedien met ‘n 4-eier omelet wat in repe gesny word en bo-op die rys geplaas word. Ek het toevallig ‘n foto van die vorige keer se resep geneem en gebere.
Resep en foto: Elsabie Templeton