CHRISNA SE BILTONGPOT


CHRISNA SE BILTONGPOT
Resep: Chrisna Church
Foto: Su-Lette Louise Venter
FOOD LOVERS RECIPES
Kook 1 pak macaroni tot al dente.
Braai dan 1-2 gekapte uie, ‘n pakkie gesnyde sampioene, 1 groen soetrissie en soms knoffel saam. Plaas alles in swartpot bymekaar saam met 500 g – 1 kg klam, dun gesnyde biltong.
Meng ‘n pakkie wit uiesoppoeier met room, ons gebruik gewoonlik 500 ml, en skep by jou mengsel in die pot.
Laat prut so 15 min, rasper kaas bo-oor en sit deksel op tot gesmelt. Nog meer lekker die volgende dag!