AARTAPPEL EN BOTTERSKORSIE GEBAK

aartappel en botterskorsie gebaktested
AARTAPPEL EN BOTTERSKORSIE GEBAK
Bestanddele:
500g aartappels
500g botterskorsie
1 ui in dun skywe gesny
250ml plein jogurt
3 eetlepels maaskaas
1 koppie gerasperde kaas (ek het Cheddar gebruik, maar sou Feta verkies het as ek gehad het.)
2 eetlepels droë basilkruid
2 teelepels fyngemaakte knoffel
sout en peper na smaakMetode:
Kook die aartappels en botterskorsie tot gaar maar nog ferm en sny dit in dun skywe. Meng die jogurt, maaskaas, basil en knoffel en voeg ‘n klein bietjie melk by om dit ‘n effens slapper tekstuur te gee. Verf ‘n oondbak se bodem en kante met olie en pak lae aartappel, botterskorsie en uie en strooi kaas oor. Herhaal die lae. Skep die jogurt mengsel bo-oor en wikkel openinge tussen die groente in met ‘n mes, sodat van die mengsel bietjie na binne kan loop, asook teen die kante. Bak vir ongeveer 30 minute by 180ºC.

Bron en foto: Adam Cloete