TAMATIES EN UIESMOOR MET ‘N TWIST

tamatiesmoor-met-twist-regtested
TAMATIES EN UIESMOOR MET ‘N TWIST
Wou iets meer probeer as die gewone. Braai 1groot ui in halwe sirkels gesny in bietjie olyfolie. Voeg sout en peper en so 1 tl suiker by. As uie amper gaar is sit ek 1 groot vet gherkin opgesny (eers in lengte en daarna soos jy wiele sou sny) daarin asook 1 groot tamatie ontvel en opgesny met 1tl worcestersous, 2tl chutney en Ina Paarman se garlic en herb na smaak en lekker genoeg Tabasco na jou smaak.  braai stadig tot tamatie sag en amper fyn geprut is
Die gherkin gee n vars suur smakie en die Tabasco n tintel vir die tong. Ons gaan dit by ons boereworsrolle eet. Kannie wag nie
FOT EN RESEP:  Wilma Batt