SUURLEMOEN VERKWIKKER

suurlemoen_ntested

SUURLEMOEN VERKWIKKER
10-12 suurlemoene
5 suurlemoene se skil
2,5 kg suiker
15 ml wynsteensuur
15 ml sitroensuur
15 ml engelse sout
1,5 L kookwater
Rasper die skil van die suurlemoene en gooi in groot emalje houer. Druk die sap van die suurlemoene uit en gooi by.
Gooi die res van die bestanddele by en roer totdat suiker opgelos is en laat oornag staan.
Volgende oggend : gooi deur ‘n sifgaaslappie in bottels en geniet.
Resep en Foto: Gerda Swart