PITA MET KAAS EN SPEK

tested
PITA MET KAAS EN SPEK
Foto:  Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES

Ek het die pita met kaas en spek gemaak vir middagete.
4 pitas
¾ koppie roomkaas
1 blokkie fetakaas
1 koppie gerasperde Mozzarella kaas
paar repies spek
1 – 2 gekookte eiers

Neem die pitas en smeer dit met die roomkaas.
Meng die fetakaas met  Mozzarella kaas en sprinkel dit oor die pitas.
Plaas dan bo-oor die kaas ‘n paar repies spek en bak alles in die oond vir ± 15 min (ek het sommer ‘n bakplaat gebruik en met foelie bedek en dit net oorgeplaas in ‘n bord).
Plaas een of twee gekoote eiers wat middeldeur gesny is bo op die spek vir elke pizza en sprinkel ‘n bietjie peper oor die eiers en garneer met ‘n groenigheid.
Bedien warm.