PEARL SE AARTAPPELBROODJIE

pearl se aartappelbroodjietested

PEARL SE AARTAPPELBROODJIE
Bron en foto: Pearl Willows
FOOD LOVERS RECIPES
450 ml meel
3 teelepels bakpoeier
3 medium aartappels, geskil en gerasper
1 hoogvol koppie gerasperde kaas
1 eier
80 – 100 ml melk (ja dit is reg – nie te veel melk nie)
1 pakkie potato bake, enige geur

Ek gooi ook so 4 repies rou spek, gekap in, dis opsioneel.
Meng deur en knie sommer met die lepel tot alles goed gemeng is.
Smeer jou pot/broodpannetjie binne lekker dik botter.
Oond 180°C vir 40 na 50 minute.