OUVROU ONDER DIE KOMBERS MET WILDSVLEIS

wildsvleis_ntested
OUVROU ONDER DIE KOMBERS MET WILDSVLEIS
Resep en foto :Marianne de Beer
FOOD LOVERS RECIPES
500 g gemaalde wildsvleis
150 g spek
1 groot ui, gerasper
Die volgende word in vysel saam gemaal:
2 wonderpeperkorrels
8 koljandersade
1 teelepel sout
½ teelepel growwe swartpeper
3 ml neutmuskaat
Knippie tiemie
Heel kool blare

Meng goed deur die vleis en laat staan so uur.
Kook intussen die koolblare tot effe sag, maar nog ferm, dreineer en koel af.
Rol die vleis in balletjies en dan toe in koolblare, pak met oop kant onder in die pan wat jy gaan gebruik.
Giet water oor tot bedek en kook tot amper droog. Maak ‘n bistosousie so dik of dun so verkies en prut nog paar minute.
Ek het met groenterys en slaai bedien.