LUCINDA SE SLAP PASTEIDEEG

1044656_10210959163844614_2219872391165850260_ntested
LUCINDA SE SLAP PASTEIDEEG
½ koppie melk
½ koppie olie
¾ koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
1 eier
knyppie sout

Sif droë bestanddele in ‘n aparte bak.
Klits eier, melk en olie saam.
Meng die nat mengsel by die meelmengsel en meng alles saam.
Maak seker daar is geen klontjies, skep die deeg oor die vulsel.
Bak in oond  by 180°C tot goudbruin.
Dit lyk min, maar rys nogals baie.

Resep: Lucinda Bosch Posthumus
Foto: Joyce Geers Minnaar
Tweede foto: Alida Siebert‎