LELANE SE SPEK KAASSMEER


LELANE SE SPEK KAASSMEER
1 liter volroom langlewe melk
1 kg Bergkaas
500 gr Rama
1 pakkie gesnipperde spek
Sit melk en botter in kastrol, roer tot botter gesmelt is, voeg kaas by, roer gereeld tot glad en kaas gesmelt is.
Braai spek tot krakerig en dreineer die olie af.
Sit spek in voedselverwerker tot ‘n poeier vorm. Voeg by kaas mengsel.
Meng goed deur en bottel warm maar laat heeltemal afkoel voordat jy die deksels opsit.
Maak seker die bottels en deksels is goed gesteriliseer.
Resep en foto: Lelane Van Der Walt