HOE OM JAFFELS TE MAAK




HOE OM JAFFELS TE MAAK
Ek sien daar het n paar mense het gevra hoe maak mens Jaffels
So maak mens
Kry vir jou n Jaffel pan. N Mens kry verskillende vorms. My gunsteling die ronde een
Neem Twee snye brood.
Smeer die een kant van elke sny goed met Botter Nie Margarien nie.
Wel jy kan Margarien gebruik maar ek sukkel altyd om met Margarien die Jaffels mooi bruin te kry en dit brand vas
Sit die eerste sny brood met die botter kant na onder in die Jaffel Pan
Skep jou vulsul(van jou keuse net nie te veel nie) op die brood ek druk die brood ligges dat dit mooi 100% al die kante raak veral die onderkant van die Jaffel pan
Plaas die tweede sny brood bo op die vulsul met die botter na die buitekant
Knyp die Jaffel pannetjie toe, Sny die Brood randjies wat uit steek oor die rand van die Jaffel pan af en plaas op hitte.
Ek doen dit op n elektriese stoof plaat alhoewel dit eintlik oorspronklik begin is om op gas te bak.
Eintlik maar net waar nie elektrisiteit was nie veral as jy kamp
Ek wag so n minuut aan n kant en maak dan oop om te kyk of dit bruin raak. Eers die een kant dan die ander kant.
NB – TIP
As jy daai broodjie mooi egalig bruin wil he en glad nie vasbrand nie.
Moenie die Botter smeer nie.
Smelt die botter tot loperig en skep die botter met n lepel oor die broodjie dat dit egalig oor die broodjie versprei
Ek post sommer n paar voorbeelde van Jaffel panne
Bron: Koos van der Merwe