HEEL HOENDER IN DIE GASBRAAI


HEEL HOENDER IN DIE GASBRAAI
1 hoender per 4 tot 6 persone
1 teelepel van elk:
fyn peper
sout
knoffelpoeier
uie poeier
braaivleisspesery
¼ teelepel paprika
knippie rooipeper
1 teelepel Dijon mostert
genoeg druiwepitolie om ‘n pasta mee te maak
1 suurlemoen gehalveer
Meng al die bestanddele behalwe die suurlemoen en salf die hoender in daarmee. Meng 100 g sagte botter met die laaste leksel van die pasta. Maak die bors velletjie versigtig los en werk die botter daarin. Sit die suurlemoenhelftes in die holte.
Sit in ‘n 700°F gasbraaier en maak hom toe. Sit ‘n pannetjie water eenkant vir stoom en sit die middelste branders af. Jou temperatuur moet so na 350 tot 400°F val en vergeet hom daar vir 2 ure. Hou hom so met een oog dop vir 2 ure. Steek ‘n gatjie in die bors in en as die sappe helder is is die hoender gaar. Geniet met ‘n slaai en aartappel of ‘n braaibroodjie.
BRON: Frikkie Jones