FRIKKIE SE SKILFERKORSDEEG


FRIKKIE SE SKILFERKORSDEEG
500 g koekmeel
350 g botter, gerasper en gevries
250 ml yskoue water gemeng met
15 ml suurlemoensap
10 ml sout
Meng die meel en sout.
Vryf 50g van die botter in die meel in.
Voeg die water bietjies, bietjies by en meng liggies tot die meel bymekaarkom en ‘n deeg vorm. Knie goed tot elasties en rol uit. Vou op en verkoel 25 min.
Rol weer en plaas ‘n strook botter in die middel van die deeg. Vou een kant oor en sit weer ‘n laag botter bo op die deeg bo oor die ingevoude kant. Vou die ander los kant oor. Druk kante vas om lug in te seel en vou op in 3. Bedek en verkoel weer 25 min.
Herhaal die boonste stap weer met die laaste botter en vou en verkoel weer 25 min. Teen die tyd het jy 729 lagies deeg wat heerlik vlokkig sal wees. Rol weer uit en gebruik soos nodig. Bak 20 tot 25 min by 200°C.
Vir groter terte bak 15 min by 200ºC en verlaag die hitte na 180°C en bak tot deurgebak en gaar.
Bron en foto: Frikkie Jones