COETZEE SE BILTONG



COETZEE SE BILTONG
Sny die vleis in so 25mm skywe
Sprinkel vleis met Worcestershire sous
Ek gebruik so 40-50 gram gemengde koljander, swart peper en sout. Koljander natuurlik die belangrikste, maar meng maar na jou eie smaak.
Ek toast die koljander vinnig in n pan voor ek dit maal.
Gooi speserye oor vleis en meng goed deur sodat alle vleis eweredig bedek is.
Laat staan oornag en meng dan weer goed deur. Laat staan vir nog n paar ure . Hang vleis op en wag todat so 40-60% vog uitgetrek het, afhangende van hoe jy van jou biltong hou. In n goeie biltong kas is dit so 3 dae se wag. Vir extra smaak kan mens knoffel poeier, chili flakes of selfs n gunsteling barbeque spice saam met speserye meng. Wat ook heerlik is, haal biltong na so 2 dae af en braai op die kole, of sit in jou roker. Gee n besinderse smaak aan die biltong.
Ek gebruik fillet, silver side en rump om my biltong te maak. Fillet werk wel duur uit, maar vir nie wat nie van biltong met vet hou nie is dit ideaal
Bron en foto: Coetzee Neethling