ADAM SE BEESVLEIS EN SAMPIOEN PASTEIE


ADAM SE BEESVLEIS EN SAMPIOEN PASTEIE
1 rol gekoopte pofdeeg
ongeveer 800 g “meaty beef bones” (grootste deel is bene)
250 g opgekapte sampioene
1 opgekapte ui
2 eetlepels rooiwyn asyn
2 eetlepels worchestersous
2 teelepels droë tiemie
2 teelepels droë oreganum
4 kruie naeltjies
sout en peper na smaak
2 teelepels bisto
Stoom die vleisbene vir ten minste 45 minute saam met die uie, kruie, sout en peper, asyn, worcestersous en ‘n klein bietjie water.
Haal die vleis van die bene af en sny op in klein stukkies, of trek uitmekaar indien dit sag genoeg is.
Plaas terug in die pot, voeg die sampioene by en prut tot die vloeistof, indien daar baie is, feitlik verdamp het.
Maak die bisto met ‘n klein bietjie water aan en roer aan die einde deur terwyl die pot nog prut, om die sous te verdik.
Skep in die voorbereide pasteikorse, bedek met ‘n deegdeksel, seël die kante en verf met bietjie eier en bak volgens die deeg se aanwysings. Ongeveer 20 minute by 200ºC.
Bron en Foto: Adam Cloete