WARM PERSKE POEDING

perskentested
WARM PERSKE POEDING
Bestandele:
125 gram botter (gesmelt)
1 koppie bruismeel
1 Koppie melk
1 Koppie Suiker
5 ml Vanieljegeursel
1 Blikkie perskeskywe (410g), dreineer die stroop en plaas een kant
1 Eier

METODE
1. Verhit die oond na 180⁰C. Meng die suiker en die botter, voeg dan die eier by en meng tot romerig. Voeg dan die koppie bruismeel by en meng verder
2. Voeg die melk by jou beslag en meng goed. Laastens kan jy die perskes en die vanieljegeursel in meng.
3. Plaas in ‘n oondvaste bak en bak by 180⁰C vir ‘n uur (tot deurgebak).
4. Haal jou poeding uit die oond en skink die perskestroop oor die poeding. Bedien warm met room of roomys.

Foto:Sune Swart