VARKWORSIES IN GEMMERBIER

VARKWORSIES IN GEMMERBIER
500 g varkworsies
Olie
100 g heel knoppie sampioene
3 wortels, in dun repies gesny
1 blik gemmerbier(340 ml)
1 pakkie groentesop

Ryg die worsies uit en rol bolletjies, braai in olie tot bruin. Voeg die sampioene en wortelrepies by en roerbraai. Meng die gemmerbier met die soppoeier en voeg by. Laat prut tot worsies gaar en sous dik is.
Ek bedien dit met mash en ertjieslaai.

Resep verskaf deur: Marianne de Beer