RINIE SE SWARTPOT APPELTERT OP DIE KOLE

rinie se swartpot appeltert op die koletested

RINIE SE SWARTPOT APPELTERT OP DIE KOLE
Beslag
125 g botter
1 ½ koppie bruismeel
125 ml suiker
2 eiers
1 koppie melk
2 teelepel vanilla geursel
‘n knippie sout
Vulsel
Meng 75 ml sultanas 
75 ml korente
50 ml brandewyn
50 ml soetwyn
1 ml kaneel
knypie fyn naeltjies en laat staan op ‘n lou stoofplaat vir ‘n halfuur

Voeg dan hierby sewe groen appel in kwarte gesny,  kwarte geskil en ontpit asook 100 ml suiker en 2 ml sout en kook liggies tot appels verwelk.
Voeg hierby 50 ml mielieblom, wat opgelos is in koue water.
Laat effens afkoel en hou eenkant.

Sous
Verhit 350 ml room
250 ml suiker
5 ml vanilla en hou warm
Room botter en suiker, voeg twee eiers by en klits goed, voeg sout by en meng meel en melk om die beurt by, voeg laastens die vanilla by en meng goed.
Skep die helfte van die beslag in ‘n platboom swartpot. Skep dan die vulsel in en skep die res van die beslag bo op die vulsel sodat die vulsel eweredig bedek is.
Bak op medium skerp kole vir +- 1 uur.
Prik dan gaatjies en giet die sous oor en hou warm en ons het dit geniet saam met aaiscream en was heeeeeeeeerlik !!!
Bron : Rinie Louw
Foto : Gideon Louw