PIESANG-KARAMEL KAASKOEK MET SKYFIES PIESANG


PIESANG-KARAMEL KAASKOEK MET SKYFIES PIESANG
Maak 1½ pakkie tennisbeskuitjies fyn en meng met 150 g gesmelte botter.
Druk die mengsel in ‘n gesmeerde veerpan wat met foelie uitgevoer is en weer gesmeer is vas.
Druk dit op die bodem en so half teen die kante op vas en verkoel so 1 uur in die yskas.
Vulsel:
Klits die volgende styf:
250 ml room
60 ml strooisuiker
Klits die volgende by:
2-3 houers roomkaas (ek gebruik graag Lancewood se roomkaas, dit is lekker styf.)
Los 1 teelepel gelatien in 50 ml koue water op en verhelder dit deur die houer in warm water te sit tot helder en klits by roomkaas mengsel in.
Klits 1 blikkie karamelkondensmelk by.
Sit die mengsel 30 minute in die yskas en as jy wil, sny 3 groot piesangs in skyfies en roer dit in die mengsel in.
Skep die mengsel oor die kors en verkoel oornag.
Sif kakao liggies oor en bedien.
Bron: Wenresepte 7 Kuier-kuier deur die land van Carmen Niehaus.
Resep verskaf: Amanda Bruger
Foto: Irma Van Ellewee Swart – Versier met karamel popcorn en karamel stroop. Was nog nie braaf genoeg om ‘n springform pan te gebruik nie.