PETRO SE SAMOOSAS
Samoosas gemaak die velle gekoop.
MAALVLEISKERRIE
Verhit 60 ml sonneblomolie in n kastrol
Voeg twee gekapte uie , twee kaneelstokke , 4 naeltjies , 4 kardemomsade en n takkie kerrieblare by
Braai dit n minute tot dit geurig raak
Voeg 1 kg ekstra maer beesmaalvleis by en braai dit bruin terwyl jy roer
Voeg die fyngedrukte knoffelhuisies , 10 ml gerasperde vars gemmer , 2-3 ontpitte en gekapte rissies , n blik gekapte tamaties en 10 ml fyn koljander en komyn by
Sit die deksel op en laat dit vir 15 minute prut
Voeg twee aartappels , geskil en in blokkies gesny , by
Sit die deksel terug en laat dit vir 15 minute kook
Voeg 250 ml bevore ertjies en 50 ml gekapte vars koljander by
Geur dit na smaak en sit voor
Resep se 1 kg ek het net 500 g gebruik en ertjies weg gelaat
FOTOS: Petro van Genderen