NOUGAT EN SJOKOLADE BROODJIES

broodjies_ntested

NOUGAT EN SJOKOLADE BROODJIES
500 g brood deeg
90 g wit sjokolade
125 g botter
1 nougat
60 ml suurroom

Rol die brood deeg in ‘n reghoek.
Smelt die sjokolade en meng die botter met die helfte van die sjokolade.
Smeer die botter oor die deeg en strooi dan 1 koppie gekapte nougat oor.
Rol die deeg in die lengte op en sny in 2 cm ringe.
Sit in muffin pannetjie (ek het sommer cup cake ‘casings’ in gesit) en laat rys 20 minute.
Bak teen 180°C vir 20 min.
Meng intussen die res van die sjokolade met die suurroom en smeer dan oor afgekoelde broodjies.

Foto: Adri Redlinghys