MIELIEMEEL EN UIE VETKOEKIES


MIELIEMEEL EN UIE VETKOEKIES
1 koppie mieliemeel
1 koppie meel
1 teelepel sout
1 teelepel suiker
Knippie rooipeper
¾ koppie melk
1 eetlepel gerasperde ui
Sif droë bestanddele saam.
Klits eier en voeg melk by.
Roer by meelmengsel.
Voeg ui by en meng goed.
Drup lepelsvol in warm olie of diepvet en bak tot bruin
Wenk:
Gebruik gewone Mieliemeel en nie Braaipap nie
Resep verskaf en foto: Lizette Kapp