MARIANNE SE SOET SUUR SPEK EN HOENDERLEWERTJIES


MARIANNE SE SOET SUUR SPEK EN HOENDERLEWERTJIES
2 lekker groot uie
1 groen soetrissie, in blokkies of repies gesny
500 g hoenderlewers
spek
sout na smaak
olie
3 eetlepels asyn
3 eetlepels suiker
1 eetlepel Bisto
water
Sny uie in halwe ringe en braai in olie tot begin deurskynend word.
Kap bacon in blokkies en voeg by, laat nog so paar minute braai en voeg soetrissie by en braai so 2 – 3minute verder.
Voeg nou hoenderlewers wat in stukke gesny is, by en braai tot begin gaar word buite om.
Voeg ongeveer 1 koppie water by en kook deur.
Meng asyn, suiker, Bisto met water en voeg by.
Geur met sout na smaak en prut so 5 – 10 min.
Dien op met roosterbrood vir ontbyt.
Resep en foto: Marianne de Beer