LEKKER HOENDER-STROGANOFF


LEKKER HOENDER-STROGANOFF
8 hoenderborsies, sonder vel en been
sout en vars gemaalde peper, na smaak
30 g botter
15 ml olyfolie
100 g preie, in dun ringe gesny
2 knoffelhuisies, grof gekap
250 g sampioene, gehalveer
50 ml witwyn OF groente aftreksel
250 ml suurroom of bulgaarse yogurt
40 ml heelkorrel mosterd
30 ml fyngekapte pietersielie
Sny hoenderborsies in repe en geur met sout en peper. Verhit botter en olyfolie in ‘n medium grootte kastrol en braai die hoenderrepe bietjie oor hoë hitte. Skep uit en hou eenkant. Braai die preie, knoffel en sampioene in dieselfde kastrol (gebruik die vet en pansappe van die hoender) en braai tot geurig. Geur met sout en peper. Giet die witwyn, suurroom en heelkorrel mosterd by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut tot die sous effens verdik. Skep die hoender terug in die pan by die mengsel, roer die pietersielie by en sit voor saam met kappokaartappels en groenslaai. Genoeg vir 6 mense.
Ek laat partykeer iets uit of verander meestal bestanddele na eenvoudigeres bv knoffel na sommer knoffelsout en preie na uie ens. Maar ek behou die basies en dit BLY ‘n WENNER. Geniet!!
Resep geplaas deur Anja Genis Visser
Foto: Anja Genis Visser