KOOS SE BRAWN-SULT

Koos brawntested

KOOS SE BRAWN-SULT

Ek het Bees boude gekoop om wors en biltong ens te maak.
Toe se iemand ek moet die bene afkook en die vleis en Gelatine wat uitkook meng met speserye en n lekker brawn maak.
Al die ou resepte wat ek kon kry praat van teelepel sout halwe teelepel dit en n teelepel dat. Maar hoe vol moet daai teelepel wees en al die teelepels is ook nie dieselfde grote nie.
Toe gooi ek maar na smaak
Ek het wel probeer onthou.
Al die bene eers af gekook saam met vark wat ek by gesit het – nie die kop nie.
Die bene uit gehaal en laat afkoel en die vleis afgehaal en fyn gesny
Die sous in die pot het toe mooi n vet laag bo gevorm en die Gelatine onder die vet.
Al die vet af geskep en die fyn vleis weer in die pot met die Gelatine gegooi en laat prut vir n uur
Speserye wat ek in die begin van die uur bygegooi het.
Vir elke 1 kg vleis 1 gram fyn naeltjie
Vir elke 1 kg vleis 1 gram fyn Nutmeg
Vir elke 1 kg vleis 2 gram wit peper
Vir elke 1 kg vleis 10 gram fyn sout
Ek het so 5 kg vleis gehad en gooi toe 100 gram kerrie poeier saam met omtrent 300 ml bruin asyn
Na n half uur se prut het ek Borrie by gegooi so 30 gram en toe weer tot die kleur vir my reg gelyk het.
Die warm Brawn het lekker gesmaak.
Nou is alles in glas bakke en ek wag dat dit afkoel en stol.

Resep en foto: Koos van der Merwe