ISAK SE HEERLIKE BEESTONG POTJIE


ISAK SE HEERLIKE BEESTONG POTJIE
3 medium grootte beestonge
3 groot uie, grof gesny
2 medium groen soetrissie, grof gesny
500 gram knopie sampioene
250 gram gedroogde sampioene, fyn gesny
250 gram gedroogde perskes
1 pakkie potjie mielies
1 potjie mix groente
sweet and spicy apricot cook in sauce (Royco)
sout na smaak
knoffel na smaak
Vir die sous oor die tong:
250 ml English mustard
1 blikkie kondensmelk
100 ml Ideal Milk
Meng alles saam en sit in yskas.
Kook die beestonge vir ongeveer 2 ure in’ n pot op die stoof, trek die vel af en sny die tong in skywe.
Start jou Bo-Baas stofie en gooi olie in pot om bodem net-net te bedek.
Braai die uie en soetrissies tot bruin.
Gooi die beestong en knoffel saam en braai tong tot bruin.
Pak helfte van die knopie sampioene op die vleis.
Pak die klein mielies op.
Pak die potjie mix groente.
Pak die ander helfte van die knopie sampioene.
Pak die gedroogde sampioene en gedroogde perskes heel bo.
Gooi sout op en gooi die sweet en spicy apricot sous oor.
Neem ‘n koppie van die water waarin die tong gekook het en gooi oor.
Sodra die pot kook, stel die hitte af en laat prut vir ongeveer 2 ure.
Skep op stampmielies en geniet.
Resep en foto: Izak Van Niekerk