HARTJIE MY LIEFIE PASTEI

tested

HARTJIE MY LIEFIE PASTEI
Vulsel
1 groot ui gekap
1 middelslag soetrissie ontpit en gekap
50 g (60 ml) botter of margarien
70 g (125 ml) koekmeel, ongesif afgemeet
1 blik (405 g) hoenderroomsop
300 ml melk
300 g (500 ml) gaar, fyn gesnyde hoenderlvleis
15 ml suurlemoensap
Sout en peper na smaak

Kors
250 g (450 ml ongesif afgemeet) koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
50 g (60 ml) koue botter of margarien
50 g (125 ml) gerasperde Cheddarkaas
175 ml melk
1 eiergeel en 25 ml melk saam geklits

Braai ui en soetrissie tot sag in die margarien of botter. Strooi die koekmeel oor en roer tot gemeng. Voeg die hoenderroomsop en melk by, verhit oor matige hitte tot kookpunt en roer aanhoudend. Voeg die hoendervleis by en suurlemoensap, sout en peper en meng.
Voorverhit die oond tot 220ºC.
Smeer ‘n oondvaste bak van ongeveer 1.5 L. Skep die hoendervulsel in die bak.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien in tot goed gemeng. Voeg die kaas by en meng. Meng die melk met ‘n slaplem mes by tot ‘n hanteerbare deeg. Plaas op meelbestrooide deegplank en druk liggies tot ‘n dikte van 2 cm plat. Druk hartjie vorms af met ‘n koekiedrukker en rangskik dit bo op rondom die vulsel. Verf eiermelk oor die harte.
Bak die pastei ongeveer 15 min op die midddelste oondrak, verminder die hitte tot 200ºC en bak ‘n verdure 5 tot 10 min.
Sit dit warm voor.

Foto:  Liezl van Niekerk
Ek het die hoenderpastei net met filodeeg gemaak ipv die skon harte. Was heerlik!!