GEBAKTE SJOKOLADEPOEDING

tested
GEBAKTE SJOKOLADE POEDING:
250 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml Vanilla geursel
60 ml botter
190 ml suiker
1 eier
18 ml kakao
190 ml melk
DIE STROOP:
250 ml water
250 ml suiker
25 ml kakao

Smelt en kook saam.

Klits botter en suiker tot romerig.
Klits die eier goed en voeg dit by.
Sif al die droee bestanddele saam, voeg dit om die beurt met die melk by die eier en botter mengsel.
Voeg die vanilla by.
Neem ‘n gesmeerde bak en skep die deug in.
Giet die stroop versigtig op n lepel sodat dit oor die rou deeg loop.
Bak in voorverhitte oond teen n 180 ÂșC vir 35 minute.
Bedien met vla.
Resep: Denzil Aaron Roberts
Foto: Adam Cloete