ELIZABETH SE SPINASIE PASTEI EN SKAAPBOUD

spinasie_ntested

ELIZABETH SE SPINASIE PASTEI EN SKAAPBOUD
Ek het my eie resep opgemaak. 1 rol puff pastry. Deel die deeg in 2. Sit die 1 helfte onder in jou bak/pan. Verhit dan die oond tot 180°C. Braai 1 gekapte ui tot sag in ‘n eetlepel botter. Nie bruin nie, net sag. Sny 2 geskilde aartappels in klein blokkies en voeg by die uie. Snipper 3 bossies spinasie fyn en voeg by die aartappel en ui mengsel. Sit die deksel op die pan en los vir so 15 min. Roer dan goed deur. Gooi mengsel in ‘n mengbak uit en voeg 1 groot gekrummelde houer feta (700 g) by. Rasper 100 g Cheddar kaas by. Voeg sout en peper na smaak by. Daar sal ‘n bietjie vloeistof onder in die bak wees. Roer dan 3 opgehoopte eetlepels koekmeelblom deur. Skep binne in die deeg en sit die ander helfte deeg bo-oor. Seël en smeer eier/melk oor. Bak in die oond vir 40-45 minute.

SKAAPBOUD
Ontdooi jou skaapboud heeltemal. Smeer dit goed (bokant en onderkant) met bruinuiesoppoeier, ‘n teelepel knoffel, sout en peper. Sny 1 ui in ringe en sit onder in jou bak (ek het ‘n silwer braaibak gebruik). Sit boud met bokant na onder op die uie en maak toe. Sit in die oond by 180°C vir 4 ure. Draai boud om en bak vir nog 2 ure. Dis natuurlik vir ‘n groot boud. Wanner dit gaar is, laat dit vir ‘n halfuur in die toe bak rus voor jy dit sny. Jy kan ook die boud oornag in die oond sit op die heel laagste stelling, so 70°C. Sit 10 uur in en haal 7 uur uit.

Resep en foto: Elizabeth Frylinck