BRAT KARTOFFELEN MET ‘N VERSKIL

brattested

BRAT KARTOFFELEN MET ‘N VERSKIL

Braai 1/4 koolkop wat in dun repies gesny is in bietjie olie tot gaar maar nog effe bros.
Skep uit en braai een groot uie wat in halwe ringe gesny is tot bruin, skep uit, voeg bietjie olie by indien nodig, braai 2 groot aartappels wat in dobbelsteentjies gesny is tot bruin en gaar. Geur met sout, titsel rooiper, en Ina Paarman “potatoe spice”. Sny 1 groot tamatie in blokkies en voeg by aartappels, braai net not tamatie deur warm is en voeg die kool en uie weer by, roer deurmekaar en bedien dadelik.

Bron en Foto: Marianne De Beer