ALET SE TACO SPESERY MENGSEL


ALET SE TACO SPESERY MENGSEL
Ekt lank terug my eie Taco-spesery-mengsel beloof. Hier is dit uiteindelik, ek gee die hoeveelhede vir een kg maalvleis se mengsel. (My seuns kan nie ophou eet hieraan nie 🙂 )
1 medium ui, fyngekap
15 ml botter/margarien (nie die laevet nie)
10 ml sonneblomolie
15Â ml komyn
15 ml oregano
15 ml paprika
15 ml knoffelpoeier
10 ml fyn sout
1 blik gekapte tamaties
15 ml tamatiesous en 10 ml suiker
1 groot blaarslaai, fynerig gekap
Braai uie tot deurskynend in botter en olie, braai maalvleis by die uie en maak los met ‘n vurk. Gooi al die speserye en blik tamaties by en laat goed deurkook terwyl dit geroer word met die vurk. Hoe eet ons dit? Taco doppe is skaars hier en nogal baie duur, so ons doen die volgende:
Deel die vleismengsel in 6 diep bakkies, strooi mildelik met gerasperde Gouda of Cheddarkaas en krummel ‘n halwe wiel Fetakaas oor elke bakkie. Strooi nou ‘n lekker groot handvol blaarslaai oor die Fetakaas, mens kan gekapte tamatie blokkies ook bysit.
Eet dié lekker mengsel saam met Sweet Chillie Doritos (ek gooi nie nog chilli poeier ook by as ons genoemde Doritos gebruik nie).
Geniet dit!
Bron: Â Alet van Zyl