AARTAPPEL-EN-SPEKGEBAK MET IDEAL MELK

aartappel_ntested
AARTAPPEL-EN-SPEKGEBAK MET IDEAL MELK
8 eiers
5 medium groot aartappels
1 pak gesnipperde bacon/ of ham kan gebruik word
1 medium ui
2 koppies gerasperde kaas
1 blik ideal melk 380ml
Halwe blikkie melk…gebruik idealmelk se blik
Bietjie sout soos jy daarvan hou
Mushrooms en kool opsioneel

Kook artappels tot half sag.
Sny in skywe en braai bruin in olie
Meng eiers, ideal melk, melk in aparte houer. Ons het sommer sout en spesserye by mengsel gegooi.
Braai uie, bacon en mushrooms in pan.
Pak lae in oondvaste bak. Eers aartappel, dan bacon mengsel en dan kaas. Herhaal tot alles in bak is. Gooi die eier en melk mengsel bo oor. Gooi res vd kaas bo oor. Bak vir plus minus 45 tot 50 min by 180 grade… tot eiermengsel gestol is.

Ek het koolblare ook ingesit. Baie heerlik. Geniet dit!

Bron: Elsa du plessis
Foto: Madeleine Pitout