WIKKIE SE KARE PAN

lekker dingntested

WIKKIE SE KARE PAN
Kare Pan is Japanese fried bread.
3 koppies meel
5 g gis
1 koppie melk
¼ koppie water
2 eetlepels botter
2 teelepels suiker
2 teelepels sout
1 eier
bietjie melk
krummels
olie vir die deeg

Plaas gis, sout en meel in mengbak. Verhit melk, suiker en botter, gooi in meel en knie goed. Laat rys en knie twee keer af. Vorm ‘n wors en sny in 16 stukke, rol in balletjies. Rol elke balletjie met die roller dun uit en skep vulsel in, knyp bymekaar en laat rys om alle oop stukkies mooi te seël. Doop in eier en dan krummels en plaas so 15 min in vrieskas om te set, bak in olie tot gaar, Ek het die resep saamgestel uit ‘n paar wat ek gegoogle het en uitgetoets het. Gevul met bobotie mince wat mens aanpas soos jy daarvan hou.
Resep: Wikkie Tap