WAYNE SE JAN ELLIS POEDING



WAYNE SE JAN ELLIS POEDING
(Wayne se belaglike weergawe)
125 ml melk
5 ml koeksoda
25 ml sagte botter
30 ml tradisionele/goue stroop
125 ml suiker
2 eiers
Knippie sout
375 ml bruismeel
Voorverhit die oond na 180°C.
Los die koeksoda in die melk op en laat dit staan tot nodig.
Meng die botter en die stroop. Voeg die eiers by en meng goed. Voeg die knoppie sout by en meng goed. Voeg die suiker by en meng goed. Voeg 125 ml van die bruismeel by en meng goed. Voeg nog 125 ml bruismeel by en meng goed. Voeg die laaste 125 ml bruismeel by en meng goed. Voeg die melkmengsel by en begin stadig meng tot eweredig gemeng. Vermeerder spoed en meng tot deeglik gemeng.
Spuit ‘n pyrex bak en giet/krap die mengsel in die bak. Versprei so eweredig as moontlik tot die bodem bedek is.
Bak vir 25 minute tot mooi goudbruin.
Terwyl die poeding bak maak jy solank die sous:
250 g botter
250 ml suiker
250 ml room
250 ml melk
10 ml vanilla essense
Sit al die bestandele in ‘n kastrol en verhit oor ‘middelmatige hitte tot die botter en suiker gesmelt is en borrels begin vorm. Stel die plaat op hoog en sodra dit begin op kook tel jy dit van die plaat af en klop met whisk tot dit weer af sak. Herhaal dit so 3 of 4 keer.
Gooi die sous oor die warm poeding as dit uit die oond kom: eers om die kante en dan die middel, kante en dan middel.
Bedien met room of vla.
Resep en foto: Wayne Dugmore en Meisie van der Colff