MIELIEPAP KOEKIES

MIELIEPAP KOEKIES
2 koppies gaar mieliemeel pap
2 koppies bruismeel
3 eiers
2 koppies geraspere kaas
1 teelepel rooipeper
Knippie Sout
1 teelepel droƫ/nat mosterd

Meng alles saam.
Bak teelepels vol in warm olie.
Dreineer klaargebakte koekies.
Strooi aromat oor.
Resep : Petra Nel