LEANDRI SE LUI HUISVROU HOENDERPASTEI


LEANDRI SE LUI HUISVROU HOENDERPASTEI
6 hoenderfilette
1 rol skilferkorsdeeg
1 blikkie “cream of chicken soup”
2 eetlepel droë “cream of mushroom soup” aangemaak met bietjie water
1 hoender aftrekselblokkie
Speserye, kruie, sout en peper na smaak
1 eier geklits ( Eier was)
Voorverhit oond tot 200 ºC
Sprinkel die speserye en kruie oor hoenderfilette en kook in water( genoeg water om 2 koppies te kan kry nadat die hoender gekook is) todat hoender sag en gaar is en laat afkoel.
As hoender koud is maak fyn met vingers of flok met vurk.
Vat 2 koppies van die water (broth) waarin die hoender gekook het en maak warm sodat die aftrekselblokkie daarin kan oplos.
Voeg die blikkie hoendersop in ‘n kastrol en voeg die aftresksel by en kook todat amper die helfde minder is ( as jy van sopperige pastei hou kan jy dit laat opkook en vir so 5 min kook en afhaal)
Meng die hoender met die sous en skep in voorbereide vuurvaste bak
Plaas ontvriesde “puff pastry” bo op die hoendervulsel en druk mooi vas met ‘n vurk en maak gaatjies bo-op. Kwas die eierwas bo op.
Bak in die oond totdat deeg gaar, opgepof en goud bruin is.
Bedien warm of koud
** Ek het dit bedien saam soetwortels, tamatie en avo slaai wat lekker was. Hoop julle geniet my lui weergawe van ‘n klassieke dis**
Resep en foto:Leandri Potgieter