KOOS SE PERI PERI HOENDER

Peri peri hoender Koss van der Merwetested

KOOS SE PERI PERI HOENDER

Eintlik was ek nie van plan om n post te doen nie maar nou voel ek soos hierdie Posts wat jy kry wat se “en toe ek sien wat hulle doen toe hang my mond oop”

Ek het vandag Peri Peri hoender gemaak.
Ek kook eers die hoender saam met Uie.
Dan haal ek dit uit en laat afkoel en smeer dit met n mengsel wat ek sommer uit my kop maak van Tamatie sous, Peri Peri Poeier en olyf olie.
Bak die hoender in die oond op 140 grade tot dit begin donker raak.

In die pot waar ek die hoender gekook het is daar toe die lekkerste sous en almal proe aan die sous.
Daar besluit ek toe om sop te maak en gooi sommer gevriesde gemengde groente by saam met n pakkie Thick Vegatable Soup powder en bietjie water.
Nogal heel lekker gekom.
Toe ons opskep raak die sop toe n groente sous oor die rys.
Wel so lyk hy. Peri Peri Hoender met Potato wedges en Rys/Groente sop

Foto en resep:  Koos van der Merwe